Neptunus, soos waargeneem deur die Voyager-wenteltuig op 16 en 17 Augustus 1989. | ||||||||||
Ontdekking[1] | ||||||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|---|
Ontdek deur | Johann Galle Urbain Le Verrier | |||||||||
Datum | 23 September 1846 | |||||||||
Wentelbaaneienskappe[2] | ||||||||||
Epog J2000.0 | ||||||||||
Afelium | 4 553 946 490 km 30,441 252 06 AE | |||||||||
Perihelium | 4 452 940 833 km 29,766 070 95 AE | |||||||||
Halwe lengteas | 4 503 443 661 km 30,10366151 AE | |||||||||
Wentelperiode | 164 jare | |||||||||
Sinodiese periode | 367,49 dae[3] | |||||||||
Gem. omwentelingspoed | 5,43 km/s[3] | |||||||||
Gem. anomalie | 267,767281° | |||||||||
Baanhelling | 1,767975° (tot Ekliptika) 6,43° (tot die son se ewenaar) 0,72° (tot onveranderbare vlakte)[4] | |||||||||
Lengteligging van stygende nodus | 131,794310° | |||||||||
Periheliumhoek | 265,646853° | |||||||||
Natuurlike satelliete | 14 | |||||||||
Fisiese eienskappe |
||||||||||
Radius by ewenaar | 24 764 ± 15 km (3,883 Aardes) | |||||||||
Radius na pole | 24 341 ± 30 km (3,829 Aardes) | |||||||||
Oppervlakte | 7,6183×109 km2[3] (14,98 Aardes) | |||||||||
Volume | 6,254×1013 km3[3] (57,74 Aardes) | |||||||||
Massa | 1,0243×1026 kg[3] (17,147 Aardes) | |||||||||
Gem. digtheid | 1,638 g/cm3[3] (minder as water) | |||||||||
Oppervlak- aantrekkingskrag | 11,15 m/s2[3] 1,14 g (by die ewenaar) | |||||||||
Ontsnapping- snelheid | 23,5 km/s[3] | |||||||||
Sideriese rotasieperiode | 0,6713 dae[3] (16 h 6 min 36 s) | |||||||||
Rotasiespoed by ewenaar | 2,68 km/s = 9 660 km/h (by die ewenaar) | |||||||||
Ashelling | 28,32°[3] | |||||||||
Regte styging van noordpool | 19h 57 m 20s 299,3° | |||||||||
Deklinasie | 42,950° | |||||||||
0,290 (bond) 0,41 (geometries)[3] | ||||||||||
Oppervlak-temp. Oppervlakte Wolke |
| |||||||||
Absolute magnitude | 8,02 tot 7,78[3][5] | |||||||||
Hoekgrootte | 2,2″–2,4″ Boogminute[3][5] | |||||||||
Atmosfeer | ||||||||||
Oppervlakdruk | 10 kPa | |||||||||
Skaalhoogte | 19,7 ± 0,6 km | |||||||||
Samestelling | 80±3,2% Waterstof 19±3,2% Helium |
Neptunus is die agtste en sover bekend verste planeet van die Son af. In die Sonnestelsel is dit die vierde grootste planeet volgens deursnee, die planeet met die derde grootste massa en die digste reuseplaneet. Sy massa is 17 keer dié van die Aarde en effens groter as dié van Uranus. Neptunus is digter en fisies kleiner as Uranus omdat sy atmosfeer vanweë sy groter massa kleiner gedruk is deur sy swaartekrag. Die planeet wentel een keer elke 164,8 jaar om die Son op ’n gemiddelde afstand van 30,1 AE, of 4,5 miljard km. Dit is genoem na die Romeinse god van die see en sy sterrekundige simbool is ♆, ’n gestileerde weergawe van die god Neptunus se drietandvurk.
Neptunus is nie met die blote oog sigbaar nie en is die enigste planeet in die Sonnestelsel wat deur middel van wiskundige voorspelling ontdek is eerder as deur empiriese waarneming. Onverwagte veranderings in Uranus se wentelbaan het daartoe gelei dat Alexis Bouvard afgelei het sy wentelbaan is onderworpe aan swaartekragversteurings deur ’n onbekende planeet. Ná Bouvard se dood is Neptunus se posisie uit sy waarnemings voorspel – onafhanklik deur John Couch Adams en Urbain Le Verrier. Neptunus is daarna, op 23 September 1846,[1] met ’n teleskoop waargeneem deur Johann Galle binne ’n graad van die posisie wat deur Le Verrier voorspel is. Sy grootste maan, Triton, is kort daarna ontdek, hoewel die planeet se 13 ander mane eers in die 20ste eeu teleskopies ontdek is. Vanweë die planeet se afstand van die Aarde af het dit ’n baie klein skynbare grootte, en dit is dus moeilik om hom met grondgebaseerde teleskope te ondersoek.
Neptunus is deur Voyager 2 besoek toe dit op 25 Augustus 1989 verby die planeet gevlieg het; dit is die enigste ruimtetuig wat Neptunus nog besoek het.[6][7] Die uitvinding van die Hubble-ruimteteleskoop en groot grondgebaseerde teleskope met aanpassingsoptiek maak dit deesdae moontlik om die planeet van ver af waar te neem.
Nes met Jupiter en Saturnus die geval is, bestaan Neptunus se atmosfeer hoofsaaklik uit waterstof en helium, asook spore van koolwaterstowwe en moontlik stikstof, hoewel dit ’n groter proporsie "yse" soos water, ammoniak en metaan bevat. Sy binnekant bestaan, nes dié van Uranus, hoofsaaklik uit yse en rots;[8] Uranus en Neptunus word vanweë dié eienskappe gewoonlik as ysreuse beskou om hulle van Jupiter en Saturnus te onderskei.[9] Spore van metaan in die buitenste streke is verantwoordelik vir die planeet se blou voorkoms.[10]
In kontras met Uranus se mistige atmosfeer sonder sigbare eienskappe, het Neptunus se atmosfeer aktiewe, sigbare weerpatrone. Tydens Voyager 2 se verbyvlug in 1989 het die planeet se suidelike halfrond byvoorbeeld ’n Groot Donker Vlek gehad, soortgelyk aan Jupiter se Groot Rooi Vlek. Hierdie weerpatrone word veroorsaak deur die sterktste winde op enige planeet in die Sonnestelsel – windsnelhede van tot 2 100 km/h is al gemeet.[11] Weens sy groot afstand van die Son af, is Neptunus se buitenste atmosfeer een van die koudste plekke in die Sonnestelsel, met temperature by die boonste punte van sy wolke wat tot 55 K (-218 °C) kan daal. Die temperatuur in die planeet se middel is sowat 5 400 K (5 100 °C).[12][13]
Neptunus het ’n dowwe, gefragmenteerde ringstelsel (wat "boë" genoem word). Dit is in 1984 ontdek en later deur Voyager 2 bevestig.[14]
In 1989, NASA's Voyager 2 became the first-and only-spacecraft to study Neptune up close.
{{cite web}}
: AS1-onderhoud: url-status (link)
<ref>
tag; no text was provided for refs named Podolak Weizman et al. 1995
<ref>
tag; no text was provided for refs named Lunine 1993
<ref>
tag; no text was provided for refs named hubbard
<ref>
tag; no text was provided for refs named nettelmann